Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Krapp se laaste band
Arts and culture

Krapp se laaste band

Saturday, October 3, 2026 · 8:00 PMkykNET Idasvallei Primêr · Stellenbosch

Description

DEBUUT Met Carel Nel Dis 'n laataand in die toekoms. Alleen op sy verjaarsdag sit Krapp tussen bokse vol herinneringe en die brose oorblyfsels van ’n lewe wat verbygegly het. Terwyl hy luister na ’n opname van sy jonger self – ’n stem vol ambisie, begeerte en selfvertroue – word hy gedwing om die afstand tussen wie hy was en wie hy geword het, in die oë te kyk. Met humor, hartseer en genadelose eerlikheid word dié vertaling van Krapp’s Last Tape ’n diep ontroerende meditasie oor identiteit, liefde, verlies, tyd en die verhale wat ons vir onsself agterlaat. Carel Nel lewer ’n priemende vertolking van Samuel Beckett se ikoniese karakter. Vervaardiger en regisseur Stefan BenadéSkrywer Samuel BeckettVertaler, ontwerp, choreografie, musiek en verhoogbestuur Stefan Benadé Ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees