Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Jo(h)an: Twee stemme
Workshops

Jo(h)an: Twee stemme

Sunday, October 4, 2026 · 1:00 PMEasyEquities Skrywerskamer · Stellenbosch

Description

Aangebied deur Protea Boekhuis, Human & Rousseau Louise Viljoen tree in gesprek met twee stemme wat aanhou om diep spore in die Afrikaanse letterkunde te trap: Joan Hambidge en Johan Myburg. Amberkamer: Gedigte uit die 21ste eeu is ’n keur uit Hambidge se werk wat saamgestel is deur Karen de Wet. Steierwerk is die jongste bundel uit Myburg se pen, en volg op Narreskip (2022) en Uittogboek (2017) wat in 2020 met die Hertzogprys bekroon is. Die digters lees ook voor uit hulle werk.