Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Alberton Day 2026 & Polar Plunge
Community

Alberton Day 2026 & Polar Plunge

Saturday, October 24, 2026 · 8:00 AMAlberton Rugby Stadium · Alberton

View original siteFrom ZAR 50

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Description

Read more

Oos-Rand se Grootste Polar Plunge OoitTen bate van Solidariteit Helpende Hand StudiefondsDatum: 24 Oktober 2026Plek: Alberton RugbystadionTyd: Hekke open om 08:00 en sluit om 24:00Oorsig van die geleentheidSolidariteit Helpende Hand bied op 24 Oktober 2026 die grootste Polar Plunge nog ooit op die Oos-Rand aan. Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir studielenings sodat meer jongmense die geleentheid kan kry om verder te studeer.Ons verwag om en by 3 000 besoekers en deelnemers gedurende die dag. Die besoekers sal deur die dag kom en gaan soos hul deelname plaasvind. Meer as 25 skole, hul skoolhoofde en personeel, asook verskeie maatskappye van regoor die Oos-Rand, Helpende Hand Hoop en Pretoria-Oos, sal aan die kompetisie deelneem.Die hoogtepunt van die dag sal 100 ysbaddens wees waarin deelnemers sal klim om fondse te werf deur borgskappe en skenkings.Kinderss al ook vermaak word met boeresport en ‘n speelpark.Daar sal ook ‘n da gen aandmark wees vir besoekers om te geniet.Doel van die geleentheidHelpende Hand is trots daarop dat duisende studente reeds deur studielenings gehelp is om hul studies voort te sit. Die Polar Plunge bied ’n unieke geleentheid vir skole, besighede en gemeenskappe om saam te werk om nog meer jongmense se toekoms moontlik te maak. Ons doel is om ‘n miljoen rand in te samel vir studente om te gaan studeer.HoofborgAlberton RugbyklubAlberton Rugbyklub is die hoofborg van die geleentheid en ondersteun die visie om jongmense toegang tot opleiding en sportgeleenthede te gee.Die klub stel die stadion beskikbaar en bied ondersteuning met:Publieke aanspreeklikheidsdekkingDranklisensieWarm stortgerieweKroegfasiliteiteAlgemene ondersteuning van die geleentheidMC en VermaakOns is trots om aan te kondig dat:Ichnus van Buffelsfonteinas MC vir die dag sal optree.Sy rol sal insluit:Aankondiging van deelnemers en maatskappyeBestuur van borgbeloftes en skenkingsVermaak gedurende die dagOptredes van verskeie van sy bekende liedjies Verder sal die dag ook verskeie musikale optredes en vermaak aanbied, deur Ichnus en Morgan Beatbox.Spesiale GasteRugbyspelers van die Lions en BullsBekende persoonlikhede en Nastassja en Albert gaan die dag bemark met een van hul bemarkings opnames te maa ken dit sal oral op Sosiale media versprei wordPretoria FM, Joy Radio sal op die dag van die Stadium af uitsaai. Die koerante Alberton Record en Caxton Koerante sal die event bemark en op die dag kom foto’s neem en ‘n berig doen oor die event.GemeenskapsleiersSkoolhoofde en sakeleiersSkool leerders van verskeie skole sal hul skoolhoofde en personeel kom ondersteun op die dag.Dagprogram08:30 – 09:30Boeresport en toutrekkompetisie tussen laer- en hoërskole. Alberton Stadium sal die toue verwag en ons sal die spanne wat deelneem nader aan die tyd finaliseer09:30 – 10:30Helpende Hand Hoofkantoor, Darkness to light, die Bybelgenootskap en Southcrest Kerk neem teen mekaar deel.10:30 – 11:30Benoni-, Kempton Park- en Edenvale-skole en maatskappye.11:30 – 12:30Optrede deur Morgan Beatboxer.12:30 – 13:30Bekendes, Alberton rugby klub, Lions- en Bulls-verteenwoordigers.13:30 – 14:30Brakpan, Heidelberg en Nigel.14:30 – 15:30Musikale gasoptrede (word later aangekondig).15:30 – 16:30Boksburg, Springs en Germiston.16:30 – 17:30Alberton, Helpende Hand Hoop en Pretoria-Oos.17:30 – 18:30Prysuitdeling en aankondiging van wenners.19:00Aandvertoning deur gaskunstenaar.24:00Geleentheid sluit.DeelnemerervaringBy aankoms sal deelnemers:By hul aangewese tent aanmeld.’n Goodie bag ontvang.Aan hul skool- of maatskappyspan voorgestel word.Die skool se wenslys ontvang.Deelneem aan die Polar Plunge.Hul borgbelofte of skenking bekend maak.Na afloop van die ysbad:Tye word aangeteken.Handdoeke en komberse word verskaf.Deelnemers word na die mediese tent begelei.Mediese assessering word gedoen.Warm storte is beskikbaar by Alberton Rugbyklub.Mediese DiensteVir die veiligheid van alle deelnemers sal die volgende beskikbaar wees:Twee dokters wat hul dienste pro bono aanbiedAmbulansdienste op die terreinVolledig toegeruste mediese tentNoodreaksiepersoneel gedurende die hele dagToegang en KaartjiesKinders onder 18 jaarGratis toegang.Gratis kaartjies kan vooraf op Quicket afgelaai word.By die hek sal kinders ‘n ander kleur bandjie vervang as die kaartjies wat verkoop word.VolwassenesVoor 15:00:R50 per persoonNa 15:00:R100 per persoonKaartjies sal beskikbaar wees via Quicket en by die hekke op die dag.ParkeringVIP ParkeringBeperkte VIP-areas vir deelnemers en borge by Area VIP, Area C en Area D asook ‘n gedeelte van die die secure parking sal ook aan deelnemers geallokeer word.Gereserveerde ParkeringArea VIP Parking: 30 baysArea C: 40 baysArea D: 50 baysSecure Parking – R50 per motorAlgemene ParkeringMeer as 3 000 parkeerplekke beskikbaarStalletjies en MarkDie geleentheid sluit ’n dag- en nagmark in.StalletjiesBespreek op die Skakel : https://www.albertonrugbystadium.co.za/book-a-stall-for-events/
Verskeie uitstallers, kosverkopers en plaaslike ondernemings sal deelneem.
Ons sien uit daarna om u by die geleentheid te ontmoed.

Where

Alberton Rugby Stadium

186 Second Ave, Elandsfontein, Alberton, 1449, South Africa, Alberton

See all events at this venue