Skip to content
360expPublic beta
Log in

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Description

Read more

BALFOUR HOOIDAG 2027Veld tot fees!Hooidag is terug! Maak gereed vir nóg ’n dag vol boeregees, hooimasjinerie en egte plattelandse gasvryheid.Die Balfour Hooidag 2027 vind plaas op 20 Januarie 2027 en bring boere, uitstallers, gesinne en die plaaslike gemeenskap bymekaar vir ’n dag waar tegnologie, kennis en tradisie hande vat.
HoofsprekerDawie Roodt – Ekonoom, Efficient WealthKom luister na Dawie Roodt se ekonomiese insigte en perspektief op faktore wat Suid-Afrika en die landboubedryf raak.
Wat om te verwagDemonstrasies van die nuutste hooimasjinerieInsiggewende sprekers en praktiese kennisUitstallers uit die landbousektorStalletjies met plaaslike handgemaakte produkte, kunsvlyt en unieke skeppings deur plaaslike entrepreneursOndersteuning aan die plaaslike gemeenskap en klein ondernemingsHeerlike kosstalletjies en egte boerekosKuiergeleenthede vir die hele gesinMusiek, pret en ’n atmosfeer vol ware boeregees
KaartjiesR150 per persoonElke kaartjie sluit ’n gratis ete in.Kinders onder 12 jaar: Gratis
Datum en programDatum: 20 Januarie 2027Hekke open: 08:00Sprekers begin: 09:00Demonstrasies begin: 10:00
LiggingR23, 5 km buite Balfour, in die rigting van Heidelberg.Die Balfour Boerevereniging bied die Balfour Hooidag 2027 met trots aan, in samewerking met AFGRI.
Bring jou mense, ondersteun plaaslike talent en kom beleef ’n dag vol kennis, kuier en egte boeregees!
BALFOUR HOOIDAG 202720 Januarie 2027 | Veld tot fees!

Via quicket.co.za