Festa Kuiers met Brendan Peyper en Bobby van Jaarsveld
Sunday, December 20, 2026 · 11:00 AMFesta Restaurant · Wellington
Tickets from
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
Die kantoor sluit Vrydag, die laaste e-pos is gestuur en die vakansie begin. Wat beter manier om dit af te skop as ‘n hele Sondag op die gras met goeie musiek, koue drankies en die mense wat saak maak?
Pak die kombers in, kry die familie en vriende bymekaar en kom kuier saam met ons by Kleine Valleij buite Wellington. Brendan Peyper en Bobby van Jaarsveld speel live, Festa sorg vir die kroeg en die kos, en kinders onder 12 kom verniet in.
Wanneer: Sondag 20 Desember 2026Waar: Festa, Kleine Valleij, WellingtonHoelaat: Hekke maak 11:00 oop en sluit 18:00
Kaartjies: Eerste 50 kaartjies R2001 kaartjie: R2502 kaartjies: R4004 kaartjies: R700VIP: R600Kinders onder 12: Gratis
Goed om te weetKroeg en kos deur FestaKinders onder 12 gratis - kry asseblief vir elke kind ‘n gratis kinderkaartjie sodat ons weet hoeveel julle isBring jou eie kombers of kampstoelGeen eie drank of kos nieGratis parkering op die plaas
En ja, Ander Dam se Eende seisoen 2 begin op 10 Januarie op kykNET. Kom kuier eers live saam met die manne voor die reis weer op jou skerm wys.