Hoezit Familiedag
Saturday, February 27, 2027 · 10:30 AMLewende Woord Westerlig · Pretoria
Tickets from
ZAR 160
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
Hoezit Familiedag met Francois Boyce
27 Februarie 2027 – ’n Pretdag vir die HELE gesin!
Hoezit Familie!
Maak jou kalender oop, skraap die familie bymekaar en kom geniet ’n volbloed Suid-Afrikaanse familiedag waar daar iets vir élkeen is!
Van die kleingoed tot die grootmense en die oumensies — niemand word by die huis gelos nie! Kom kuier, lag, eet, speel en geniet ’n dag propvol vermaak.
En dan… Francois Boyce! ????
Twee vertonings. Twee unieke ervarings. Een lekker dag!
Maar dit is nie nét oor die shows nie…
Die Hoezit Familiedag is ’n hele dag se pret vir die hele gesin én familie!
Flieks vir die kinders – GRATISColor Run – GRATISSpringkastele – GRATISPret en aktiwiteite op die terrein – GRATIS
Hope lekker kosstalletjies
Vermaak vir die hele gesin
Geen ouderdomsbeperking nie!
Die kinders kan speel, die grootmense kan kuier, almal kan lekker eet en tussenin kan jy jou asem skep met ’n vertoning wat jou laat lag én iets laat voel.
So bring jou mense, jou kinders, jou ouers, jou familie, jou vriende, jou eetlus en jou goeie sin vir humor.
Een dag. Die hele familie. Hope pret. Twee Francois Boyce-vertonings.
HOEZIT… sien jou daar!
Kaartjies vanaf nét R160 per persoon per show.
Where
Lewende Woord Westerlig651 Niemandt St, Andeon AH, Pretoria, South Africa, Pretoria
See all events at this venue