Skip to content
360expPublic beta
Log in
Arts and culture

DIE HELE DORP IS MAL

Tuesday, December 1, 2026 · 6:30 PMHugo Naude Kunssentrum · Worcester

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Line-up

Description

Read more

DIE HELE DORP IS MAL’n Absurde Kaapse komedie deur AJ Britz
In ’n lekkende sinkhuisie in die Boland probeer Shirley Fortuin haar familie aanmekaar hou. Haar broer Ronnie het die geld vir die dak se herstel aan ’n bedenklike ontwikkelingsprojek afgestaan, terwyl haar jongste broer, Kallie, elke krisis met ’n grappie probeer ontlont.
Wanneer Shirley se dogter, Mel, met ’n ontstellende kennisgewing uit Kaapstad opdaag, verander die familietwis in ’n stryd om hul voortbestaan. Ronnie het ’n verklaring onderteken waarin hy voorgee dat hy namens die hele straat mag optree. Nou word die inwoners met ontruiming bedreig. Agter die transaksie staan meneer Van der Merwe, ’n gladde sakeman vir wie hul huise bloot ’n sakegeleentheid is.
Terwyl ’n storm deur die stukkende dak breek, bars ou familiewonde ook oop. Ronnie moet sy skaamte en verkeerde besluite konfronteer, Mel moet die gevolge van haar afwesigheid erken, en Shirley moet aanvaar dat sy nie almal se laste alleen kan dra nie.
Met Mel wat die dokumente bevraagteken en Kallie wat die bure mobiliseer, word die klein huisie die middelpunt van ’n gemeenskap se verset. Die regsgeveg bly onopgelos, maar die inwoners begin saam opstaan vir hul huise, hul waardigheid en hul reg om self te besluit.
Dié komedie verweef vlymskerp humor en uitspattige familiekonflik met ’n ontroerende verhaal oor verantwoordelikheid, verbondenheid en die moed om hulp te aanvaar. Die hele dorp is dalk fokken mal, maar hulle is nie te koop nie.

Additional insights

AI generated

Automatic suggestions kept separate from the organizer's official information.

’n Absurde Kaapse komedie deur AJ Britz. In ’n lekkende sinkhuisie in die Boland probeer Shirley Fortuin haar familie aanmekaar hou terwyl die inwoners van die straat met ontruiming bedreig word ná ’n bedenklike ontwikkelingstransaksie. Die stuk verweef vlymskerp humor en familiekonflik met ’n verhaal oor verantwoordelikheid, verbondenheid en ’n gemeenskap se verset. By die Hugo Naude Kunssentrum, Worcester.

TheaterComedyPerforming artsArts and culture

Via quicket.co.za