Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Magda Louw en die kar se sleutel...
Performing arts

Magda Louw en die kar se sleutel...

Thursday, November 19, 2026 · 7:00 PMThe Stage Coach at Santos Express · Mossel Bay

View original siteFrom ZAR 180

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Description

Read more

Desirè Gardner bring haar skreeusnaakse eenvrou-komedie, Magda Louw en die kar se sleutel..., na The Stage Coach toe!
Het jy al ooit haastig by die deur uitgestaan, net om te besef jou kar se sleutels het spoorloos verdwyn? Dan is hierdie die vertoning vir jou!In Magda Louw en die kar se sleutel... neem die geliefde aktrise Desirè Gardner gehore op 'n skreeusnaakse dog diepsinnige reis. Wat begin as ’n alledaagse, hoogs frustrerende soektog na ’n verlore sleutel, ontaard gou in ’n groter lewensondersoek. Terwyl Magda haar man Erhard se voorspelbare vrae (soos "Waar het jy dit laas gesien?") probeer ignoreer, delf sy dieper in haar eie herinneringe. Sy kom gou agter dat ’n mens soms eers dinge moet verloor om weer dit wat werklik saak maak in die lewe, te herontdek.
Kom geniet ’n aand propvol lag, deernis en herkenbare oomblikke saam met een van Suid-Afrika se gewildste karakters.
Belangrike Inligting:Datums: Donderdag,19 November 2026Tyd: 19:00Plek: The Stage Coach (Santos Express, Mosselbaai)Kaartjies: R180 per persoon
Kaartjies is beperk, so bespreek nou jou sitplek hier op Quicket of skakel 044 691 1995 vir navrae. Sien julle daar!

Where

The Stage Coach at Santos Express

1 Munro St, Santos Bay, Mossel Bay, Mossel Bay

See all events at this venue