Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Sports

BUFFELSBAAI FUN RUN – 16 DESEMBER 2026

Wednesday, December 16, 2026 · 7:00 AM58 Sand St · Knysna

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Description

Read more

BUFFELSBAAI FUN RUN – 16 DESEMBER 2026
Kom beleef die energie!
Kom geniet 'n oggend van son, see en hope pret by die pragtige Buffelsbaai! As deel van ons jaarlikse Buffelsbaai-fees nooi ons jou uit om deel te wees van 'n lekker Fun Run langs een van die mooiste kuslyne in die omgewing.
Of jy nou 'n ernstige hardloper is, 'n rustige drawwer of bloot saam met familie en vriende die vars seelug wil geniet – daar is 'n roete vir jou!
Kies tussen drie afstande en ervaar die natuurskoon van Buffelsbaai op jou eie pas.
KIES JOU ROETE
3 KM – The Easy RunVir die hele gesin en almal wat net die oggend wil geniet! 'n Ontspanne 3 km-roete op teerpad, ideaal vir beginners, kinders en stappers wat lus is vir 'n lekker aktiewe oggend langs die see.
5 KM – The ChallengeGereed vir 'n bietjie meer? Die 5 km-roete volg die teerpad en bied 'n heerlike uitdaging vir diegene wat hul bene wil toets. Perfek vir drawwers en hardlopers wat 'n bietjie verder wil gaan.
8 KM – The AdventureVir diegene wat lus is vir iets ekstra! Hierdie roete kombineer teerpad met grondpad en 'n semi-trail-ervaring langs die strand. Verwag 'n bietjie meer avontuur, 'n lekker uitdaging en natuurlik asemrowende natuurskoon.
WAT IS INGESLUIT?
Jou inskrywing vir die gekose afstand.
'n Heerlike breakfast bun ná die wedloop.
'n Oggend vol goeie energie, lekker mense en Buffelsbaai-feesgees!
EVENT DETAILS
Datum: 16 Desember 2026 06:30 - Registrasie 07:00 - WegspringPlek: Buffelsbaai Duinesaal, Sand straat 58.Afstande: 3 km | 5 km | 8 kmInskrywingsfooi: R80 per persoon (alle afstande)Ingesluit: Breakfast bun
BRING JOU MENSE SAAM!
Maak dit 'n familie-uitstappie, daag jou vriende uit of kom toets jou eie grense. Maak nie saak watter afstand jy kies nie – die belangrikste is om deel te wees!
Sien jou by die wegspringlyn!

Via quicket.co.za