KKNK Feesmark 2027 Verbeel jou-feeskaartjie
Monday, March 22, 2027 · 12:00 AMKKNK Feesterrein, De Jager Sportsentrum, Voortrekkerweg, Oudtshoorn
Tickets from
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
Verbeel jou! Ure se vermaak vir die hele gesin alles op één plek. Nét in die KKNK se Feesmark! Musiekverhoë • Kinderteater • Vinnige teaterhappies met Blitsteater • Stalletjies • Pretpark • Buite-uitstallers • En nog baie meer! Die feesterrein van die KKNK bied ongelooflike waarde vir geld! Van Suid-Afrika se gunstelinge en nuwe stemme op die musiekverhoë, betowerende kinderteater in die Klein KKNK-teater en teatervermaak met Blitsteater se vinnige teaterhappies wag hier op jou en jou gesin. Vir die inkopie-entoesiaste wag daar hordes stalletjies en uitstallers in die KKNK-winkel, heerlike smulgoed by die kosstalletjies en iets om mee af te koel en verder te kuier by die kroeë. Verskeie buite-uitstallings sorg vir verdere opwinding en verrassings en oud en jonk kan van daai ekstra energie ontslae raak by die pretpark. Die Feesmark is die perfekte plek om die kunste en die KKNK-atmosfeer saam met jou familie en vriende te ervaar. Moenie net vir een dag kom nie, kuier vir die hele fees. Program onderhewig aan verandering. Hierdie Feesmark-feeskaartjie word met aankoms by ’n Feesmark-ingang deur die personeel geskandeer. In ruil vir ’n geldige kaartjie kry jy ’n fees-armbandjie vir die Feesmark. Hierdie fees-armbandjie moet vir die volle duur van die KKNK om die kaartjiehouer se pols gedra word. Beskadigde of verlore armbandjies sal nie vervang word nie.