
Die Vitaal Makietie โ Erfenis- & Avontuurstappe
Saturday, October 10, 2026 ยท 8:00 AMTaal Monument, Paarl ยท Paarl
Description
Hiking: 9.4 km, 4.8 km ๐ฟ Die Vitaal Makietie โ Erfenis- & Avontuurstappe KEN JY DIE STORIE? Kultuur, Natuur en Plesier. Vertrek op 'n 5 of 10km ontdekkings reis van natuur, plesier en die storie van ons Taalmonument. Op Saterdag 10 Oktober 2026, as deel van Die Vitaal Makietie โ die 51ste verjaardagfees van die Afrikaanse Taalmonument โ nooi die Afrikaanse Taal Museum en Monument jou om die berg met jou voete te leer ken. ๐ฐ Hoe die oggend werk - by die Vitaal Makietie Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) is opgewonde om vanjaar die Vitaal Makietie aan te bied, โn tweedaagse viering wat diรฉ lente taal, kultuur, musiek, leefstyl, avontuur en samesyn op โn vars en toeganklike wyse by die monument byeenbring. Die makietie bestaan uit die gewilde Koorfees op Vrydag, 9 Oktober vanaf 18:00 tot 20:00 by die Amfiteater en die aktiwiteit-belaaide Jaarfees vanaf 07:00 tot 20:00 op Saterdag, 10 Oktober by die Taalmonument op die beeldskone Paarlberg. Die Rock Ultra span maak vanaf 8uur Saterdag oggend die stap hekke oop. Stappers kan van 8:00 tot 11:00 wegspring op die 5 of 10km roete. Bordjies met QR-kodes wat interessante feite oor die Taalmonument, Afrikaans en hul geskiedenis bevat is op die roete aangbring op strategiese punte. Hierdie is nie โn wedren nie. Geen wenner, geen podium-tyd, geen hemp, geen medalje, net lekker stap, bietjie leer en saam kuier! Koop hier 'n Erfenis Stap kaartjie vir jou en familie/vriende Kom stap enige tyd vanaf 8:00 tot 12:00 saam, vanaf Potties Koffie by die Taalmonument Klok uit vir jou stap by Potties Koffie, langs die Emoto uitstalling en "val in die pad" Skandeer die QR kodes vir intessante feite van die Taalmonument en Afrikaans Kom geniet die Vitaal Makietie saam met ons wanneer jy klaar gestap is. Jou stap kaartjie is ook jou toegang tot die fees! Kry Quicket kaartjies vir die Vitaal Makieite vir nie-stappers HIER ๐ฅพ Kies jou pad 5 km Erfenisstap โ Ken jy die storie? โn Uitdagende maar toeganklike, gemerkte lus/"loop" vanaf Potties Koffie by Taalmonument deur Courtrai bos. Met agt storiepunte, skandeer QR-kodes met jou foon kamera om die stories van die Taalmonument op jou foon oop te maak. Een verversingspunt met ligte verversings. Jy maak weer terug deur die voetgangerhekkie na die monument terrein klaar. ๐ง Minimum 6 jaar . Kinders onder 12 stap saam met โn betalende volwassene. 10 km Avontuurstap โ Kultuur. Natuur. Plesier. 'n Verlenging van die 5km Erfenis stap deur die wandel paadjies om Koffie dam en die Courtrai bos. 'n Tweede stop by die verversingspunt voor ie trappies terug n Taalmonument. 'n Heerlike verkenningstog verby 'n klomp interessante besigtighede. ๐ง Minimum 8 jaar . Kinders onder 12 stap saam met โn betalende volwassene. Skoene met grip. 500 ml water by die start. ๐ณ Pryse (insluitend Saterdag-terrein toegang vir die ingetekende stapper) 5 km ยท R150 volwassene ยท R100 kind onder 16 of pensioenaris (R120 - groepe van 5 of meer) 10 km ยท R200 volwassene ยท R150 kind of pensioenaris (R170 - groepe van 5 of meer) Jy koop nie ook โn Quicket-daggang vir jouself nie. โ Jou inskrywing sluit in Plek op die 5 km- of 10 km-roete Saterdag-toegang tot die Taalmonument-terrein vir die ingetekende stapper Roetemerkers, marshals by die Gabbema- en Jan Phillips-kruisings, sweep 12:00 Water by die verversingspunte Vanaf 10:00 : Jack Black-bier en โn glasie wyn vir volwassenes by die stasies (ID โ 18+) Mediese standby op die terrein ๐ซ Dit sluit nie in Quicket vir Vrydag se Skolekoorfees Daggang vir gesinslede wat nie self stap nie โ hulle koop Quicket Kos by Potties, Spur of die village Honde of stootkarretjies โ albei nie op die roete nie Parkering โ kom vroeg, volg die wysers ๐ Bring saam ๐ฅพ Skoene met grip ยท ๐ง 500 ml+ water (verpligtend op die 10 km) ยท ๐ sonhoed ยท โ๏ธ sonbrand ยท ๐ฑ foon vir die QR-stories ๐ Dieselfde oggend op die terrein ๐ง 07:00 โ Joga by die Monument Kom (Energie Yoga Studio) ๐ถ 08:00โ12:00 โ 5- en 10km Erfenis stap vanaf Potties ๐ช 09:00 โ Feesdorpie en Kids Area maak oop ๐บ 10:00 โ Bier en wyn by die stasies ๐งน 12:00 โ Sweep ๐ 13:00โ15:00 โ Spur Kaskar Wedren (kyk vanaf die arena) ๐ต 12:0 0โ16:00 โ Afrikaanse musiek en kultuur vermaak in dieTuinteater ๐ 16 :00 โ Spur Kaskar Wedren Prysuitdeling ๐ต 17:0 0โ19:00 โ Sonsondergang hoof optrede in die Tuinteater ๐ฌ๐ง English Two marked heritage hikes on Saturday 10 October 2026 from Potties at the Afrikaanse Taalmonument, Paarl. 5 km from age 6 โ R150 / R100 concession. 10 km from age 8 โ R200 / R150 concession. Rolling start. Last departure 12:00 . Not a race. No dogs, no strollers, no shirt, no medal. Entry includes Saturday site access for the registered hiker. Beer and a glass of wine for adults from 10:00 at the stations. Bespreek Kaartjies slegs vir Vitaal Makietie hier