Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
Friday, December 4, 2026 · 7:30 PMKaapstad Toneelhuis · Cape Town
Tickets from
ZAR 150
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
Hierdie is nie ‘n “slice of life” nie dis die krummels onder die toaster.
’n Kongregasie koekhare, twee lesbiese hoenders, ’n erotika-skrywende Asperger, en ’n trans brandblusser… nou kort ons net ’n dubbeladapter. Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) bied ’n intieme blik op die stream of consciousness van ’n jong queer man, Markus Benade, terwyl hy die afgelope drie jaar van sy universiteitslewe met die hulp van ’n brandblusser probeer verwerk.Die stuk belig temas van verlies, gay identiteit, liefde, en selfliefde. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die padontmoet het en dít wat nog van hom oor is.
TOEKENNINGSNATIONAL ARTS FESTIVAL 2026Standard Bank Ovation Award WOORDTROFEES 2026Beste Opkomende Kunstenaar: Toneel: Vihann van RooyenBeste Teks (nuutgeskrewe of verwerking): Vihann van RooyenBENOEMINGSWOORDTROFEES 2026Beste Produksie (komedie)Beste Speler (manlik): Vihann van RooyenDIE SPANSPEL/ TEKS/ REGIE/ MUSIEK - VIHANN VAN ROOYENVihann van Rooyen is die brein agter Markus (en die brandblusser op die derde verdieping). Hy het pas sy MA in Drama- en Teaterstudies by Stellenboschn Universiteit voltooi en het hierdie produksie by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) opgetree. Hy was die skrywer en ook ‘n vertolker in [INDISTINCT CHATTER] , ‘n politieke sketskomedie, waarvoor hy by verlede jaar se KKNK ‘n kanna nominasie vir Beste Opkomende Nuweling gekry het.
VERHOOGBESTUUR - JURIE BOSHOFFJurie Boshoff het onlangs sy honneursgraad in Drama en Teaterstudies, met spesialisering in Kabaret, aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy mees onlangse werk sluit verhoogbestuur vir Granaatsap by KKNK (2026), Kaapstad Toneelhuis en die Cave-teater in Hermanus in. Hy het opgetree in én verhoogbestuur gedoen vir die fisieke teaterstuk Yellowtail by Suidoosterfees 2026, en het ook Glimpse (’n fisieke teaterproduksie) by Theatre Arts verhoogbestuur. Boshoff het ook vanjaar as deel van die kunsdepartement by Kelders van Geheime en Elke Donker Wolk gewerk.
RESENSIES
“Die rou eerlikheid van die produksie laat ’n mens verwonderd. Ons het almal al na ’n persoon gekyk vir wie ons heimlik wou sê: “Jy’s ’n doos in jou hart en jy weet dit.” Maar ons het nog nie almal ’n verloofde op die spektrum gehad wat ’n vreemde obsessie met die geluid van wasmasjiene het nie. Dit is dié soort spel tussen verskillende situasies, humor en gevoelens wat die produksie so boeiend maak.” - Zandrie van Greunen
“It is a thoughtful, inventive, and emotionally resonant piece that lingers long after the final blackout” - Simoné Baartman.
“Hy baken vir homself hier in Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) ‘n vierkant op die verhoog af en speel in dié boksie. Hy doen dit met rou eerlikheid, humor en patos en ‘n heerlike aweregsheid” – Laetitia Pople.
“This is a show not to be missed. Even with my limited Afrikaans, it brought me to tears both through laughter and through touching the depth of the character’s inner world. A profound piece of theatre that is both entertaining and provocative” – Clare Lune.
“Van Rooyen speel die verhoog aan die brand in hierdie waaghalsige, opwindende, snaakse en hartroerende kragtoer” – Wessel Pretorius.
“Puik komedie, noukeurige spel, en die teks is stof tot nadenke. Uitstekende toneelspel” – Waldemar Shultz.
“Hy is ‘n briljante akteur. Hy werk fyn en presies met verstommende tegniek” – Susanne Beyers.
“‘n Meesterstuk op elke. liewe. vlak. Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) is bewyse van iemand in totale beheer van hul storie en tegniek” – Nichola Viviers.
Where
Kaapstad Toneelhuis2nd Floor, 61 Loop St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8001, South Africa, Cape Town
See all events at this venue