Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Food and drink

Kokkedoor-etes: Herman Lensing & Jess van Dyk

Thursday, November 26, 2026 · 6:30 PMSluysken Studio · Cape Town

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Ticket sales are currently unavailable.

Description

Read more

Kom sit aan by Herman Lensing en Jess van Dyk vir ’n viergangete en kom kyk saam ’n episode van die kykNET-werklikheidsreeks Kokkedoor: Klassiek, waarvan Herman en Jess die beoordelaars is.
Dié intieme kyk-etes bring 20 gaste om die tafel saam, met wyn van De Grendel. Dit vind by Herman se ateljee in Welgemoed plaas. Daar is vier Donderdae om van te kies en elke ete duur van 18:30 tot 21:30.
Datums om van te kies:Donderdag 26 November 2026: 18:30-21:30 (slegs 20 gaste)Donderdag 3 Desember 2026: 18:30-21:30 (slegs 20 gaste)Donderdag 10 Desember 2026: 18:30-21:30 (slegs 20 gaste)Donderdag 21 Januarie 2027: 18:30-21:30 (slegs 20 gaste)
Kaartjies kos R950 per persoon (besprekingsfooi uitgesluit) en sluit 'n viergangete en wyn van De Grendel in.
Meer oor 'Kokkedoor: Klassiek'
Kokkedoor: Klassiek keer terug na sy wortels met tien onthoukokke en tien kinkelkokke wat bekende tradisionele geregte nuut interpreteer. Onder leiding van Herman Lensing en Jess van Dyk vier die reeks Suid-Afrika se ryk koserfenis, familieresepte en kombuisvernuf. R1 miljoen en die gesogte Goue Haan-trofee is op die spel. Die reeks van 13 episodes begin op 5 November op kykNET.
Meer oor Herman Lensing
Herman is so deel van die Suid-Afrikaanse koswêreld soos kaneelsuiker van ’n warm pannekoek op ’n reënerige dag. Hy is 'n bekroonde kosskrywer, tydskrif-redakteur en TV-persoonlikheid en het as ’n sjef by die Institute of Cullinary Arts in Stellenbosch gekwalifiseer.
Meer oor Jess van Dyk
Jess is die hoofsjef en eienaar van Post & Pepper-restaurant in Stellenbosch. In haar indrukwekkende loopbaan het sy al by verskeie veelbekroonde restaurante gewerk, soos La Colombe, waar sy in 2012 ná haar studies aan die vooraanstaande Silwood-sjefskool begin werk het.
Dieetvoorkeure: Die viergangete is volgens 'n vaste spyskaart en daar kan ongelukkig nie vir dieëtvoorkeure voorsienning gemaak word nie. Allergieë moet asseblief aan die organiseerders gekommunikeer word.Let wel: Die ete is vir volwassenes en nie vir persone onder 18 nie.

Via quicket.co.za