Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Ek is nie Danie: Die boekbespreking
Workshops

Ek is nie Danie: Die boekbespreking

Sunday, October 4, 2026 · 2:30 PMEasyEquities Skrywerskamer · Stellenbosch

Description

Aangebied deur Flyleaf Ek is nie Danie is ’n versamelbundel wat hoogtepunte uit Danie Marais se vier vorige digbundels byeenbring: In die buitenste ruimte (2006), Al is die maan ’n misverstand (2009), Solank verlange die sweep swaai (2014) en Ek en jy bestaan nie (2024). Die bundel is gebore uit die wegholsukses van die gelyknamige verhoogproduksie met Albert Pretorius. Bibi Slippers praat met Marais en Pretorius oor gedigte, musiek, misverstande en verlange – en die fenomeen wat Ek is nie Danie geword het.