Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
PLEKTRUM - Die Mauritz Lotz-verhaal
Theater

PLEKTRUM - Die Mauritz Lotz-verhaal

Sunday, November 8, 2026 · 3:00 PMDrostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch

Description

Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-toekennings en is self 'n beoordelaar van die Grammys. Hy is 'n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van hierdie legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Mauritz Lotz lig vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent. PLEKTRUM is 'n intieme, persoonlike en outentieke produksie waarin Mauritz Lotz vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Kom ontmoet die mens agter die kitaar, sy ongemaklike andersheid, sy deurlopende inspirasies, eie perspektiewe, komplekse lewe, insiggewende lewensfilosofie en drome - die genie met die plektrum in die hand. Die musikante wat met hom die verhoog deel is die room van ons bedryf. Musiekteater 'n KKNK-debuutproduksie Ten bate van: KLEIN KAROO LEESSENTRUM Met: Mauritz Lotz Teks en Regie: Ingrid Howard Musiekregie: Mauritz Lotz Baskitaar: Schalk Joubert Tjello: Anjulie Nock Tromme en perkussie: Peter Auret Vervaardiger: Tale Be Told Productions