Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Schalk & Ramon: As die dromme daar is
Music

Schalk & Ramon: As die dromme daar is

Saturday, October 3, 2026 · 4:00 PMThe Daisy Jones Bar · Stellenbosch

Description

Met Ramon Alexander (klavier), Schalk Joubert (baskitaar en sang), Annemie Nel (tromme) Die titel speel tong-in-die-kies met die Drommedaris, die skip waarop Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Tog gaan dié vertoning oor veel meer as een aankoms; dit gaan oor die ritmes, stories en mense wat oor eeue heen in die Kaap bymekaargekom het en hoe die ghoema-trom en ander Kaapse ritmes steeds daardie geskiedenisse in hulle klank saamdra. As die dromme daar is verken identiteit, herinnering, vriendskap en die ritmes wat ons saambind, ’n viering van broederskap oor grense heen, en van die unieke musikale erfenis van die Kaap