
Silwerskermfees-kortfilms
Sunday, October 4, 2026 · 1:00 PMRoad House Cinema at The Neelsie · Stellenbosch
Description
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière. ****************************************************************************************************************** The kykNET Silwerskerm Festival is a prestigious and proudly South African and Afrikaans film festival that has supported, empowered, and developed the local film industry for more than a decade. While a number of feature films from seasoned filmmakers make their world debut or South African premiere at this prestigious event, the festival is also a showcase for emerging talent: a series of short films, produced under the festival’s banner with the necessary mentorship, annually shine a spotlight on their craft.The Film Festival proudly presents 6 short films from up-and-coming filmmakers, 4 short films from established filmmakers, and 5 short documentaries from the 2026 kykNET Silwerskerm Festival programme. More detailed information about the short films is available on our website. These short films were produced under the mentorship of kykNET and M-Net and premiered at the 2026 kykNET Silwerskerm Festival in Camps Bay. Skedule | Schedule 4 OKT13:00 Wag 'n Bietjie13:30 'n Poppy op die Heuwel14:00 As Ek Kon Kies14:30 Trilstraat 5 OKT13:00 Genoeg13:30 Change14:00 Verwerking 6 OKT13:00 Twee Persent13:30 Short Back & Sides14:00 Yaadt Queen14:30 Pappa Kitsch15:00 Druk Dit!15:30 Die Grond Onthou16:00 Rooi van Aard16:30 Die Gees agter die Spiere 7 OKT13:00 Twee Persent13:30 Short Back & Sides14:00 Yaadt Queen14:30 Pappa Kitsch15:00 Druk Dit!15:30 Die Grond Onthou16:00 Rooi van Aard16:30 Die Gees agter die Spiere 8 OKT13:00 As Ek Kon Kies13:00 Trilstraat13:30 Genoeg14:00 Change14:30 Verwerking 9 OKT13:00 Wag 'n Bietjie13:30 'n Poppy op die Heuwel