Skip to content
360expPublic beta
Log in
Performing arts

Inni Middel Fees

Saturday, November 28, 2026 · 10:00 AMSteelcrest High School. · Middelburg

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Line-up

Description

Read more

KOSMOS STEREO BIED AAN: INNI MIDDEL FEES 2026!
KOSMOS STEREO BIED AAN: INNI MIDDEL FEES 2026!
Op 28 November 2026 verander Steelcrest High School in Middelburg in die tuiste van een van die grootste feeste van die jaar – INNI MIDDEL FEES 2026!Maak gereed vir 'n dag gevul met top kunstenaars, lekker kos, koue verversings, hope stalletjies, helikopterritte en 'n ongelooflike feesatmosfeer waar die hele familie saam kan kuier en herinneringe maak.
Op die verhoog:
Steve HofmeyrJennifer ZamudioRuan JoshFran PrinsDis Net Frederick ...en nog vele meer!
Met Daniel Hoffmann as MC wat die dag se verrigtinge gaan lei!
Adheti Entertainment sorg vir hope pret met springkastele, speelareas, gesigverf, kreatiewe aktiwiteite, borrel- en danspartytjies, fees-tattoos, 'n Nerf War Zone, Axe Throwing, Rage Paint en nog vele meer verrassings deur die dag!
Daar gaan ook 'n groot verskeidenheid stalletjies wees – van heerlike kos en verversings tot handgemaakte produkte, geskenke, klere, lekkernye, kuns, dekor en nog vele meer. Daar gaan werklik iets vir elkeen wees om te ontdek en te geniet!
Of jy nou saam met familie wil kuier, jou gunsteling kunstenaars wil sien optree, lekker wil eet of net die feesgees wil ervaar – Inni Middel Fees is die plek om op 28 November te wees!
VIP-kaartjies is ook beskikbaar en sluit 'n eksklusiewe area in die biertuin met tafels en stoele naby die verhoog in, asook 'n eie ry by die biertuin.
Kaartjies: • Volwassenes – R150 • Pensionarisse – R100 • Onder 18's – R100 • 0–7 jaar – GRATIS • VIP – R500
Kaartjies is beskikbaar by Quicket (let wel: Quicket voeg 'n diensfooi by die kaartjieprys): https://www.quicket.co.za/events/376006-inni-middel-fees/
Of koop dit direk by Kosmos Stereo, 192 Cowen Ntuli Straat, Middelburg. Kaartfasiliteite is beskikbaar.
Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees!
Inni Middel Fees 2026 is 'n kontantlose geleentheid. Geen kontanttransaksies sal op die feesgronde hanteer word nie.
Moenie hierdie dag van musiek, familiepret en onvergeetlike herinneringe misloop nie. Kry jou kaartjies vandag en wees deel van die fees waaroor almal gaan praat!
#InniMiddelFees2026 #KosmosStereo993FM #FeesVanDieJaar #Middelburg #DanielHoffmann #SteveHofmeyr #JenniferZamudio #RuanJosh #FranPrins #DisNetFrederick #AdhetiEntertainment #FamiliePret #LiveMusiek

Additional insights

AI generated

Automatic suggestions kept separate from the organizer's official information.

Kosmos Stereo bied Inni Middel Fees 2026 aan op 28 November 2026 by Steelcrest High School in Middelburg. Optredes deur Steve Hofmeyr, Jennifer Zamudio, Ruan Josh, Fran Prins en Dis Net Frederick, met Daniel Hoffmann as MC. Daar is kos, stalletjies, helikopterritte en kinderpret deur Adheti Entertainment. Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R100 vir pensionarisse en onder 18's, R500 vir VIP, en is gratis vir 0–7 jaar. Die fees is kontantloos.

FestivalsMusicConcertsFamilyFood and drink

Via quicket.co.za