Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Performing arts

O Meno O Pouse - Arina de Witt

Saturday, November 28, 2026 · 11:00 AM76 Jorissen St · Polokwane

Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.

Get the iPhone app

Line-up

Description

Read more

“O Meno O Pouse” - Kabaret vol humor, hartseer en hoop.
“O Meno O Pouse” is 30 jaar gelede geskryf deur legendariese dramaturg P G du Plessis spesiaal vir Arina de Witt. Omdat Arina op daardie stadium gevoel het sy is nog te jonk is dit nie toe opgevoer nie. Sy voel nou reg om hierdie juweel met gehore te deel.
’n Rou eerlike en skreeusnaakse kabaret wat reguit uit die hart praat: O Meno O Pouse volg Bets, ‘n pas afgetrede vrou wat uiteindelik ophou wag - vir liefde, vir toestemming, vir more. Met skerp humor, brose eerlikheid en kragtige musiek ontvou ‘n verhaal van gemiste kanse en herontdekte drome. Hierdie intieme produksie neem gehore op ‘n emosionele reis van verlies na bevryding, waar menopouse nie ‘n einde is nie, maar ‘n nuwe begin. Dis herkenbaar, raak en verbasend bevrydend - ‘n viering van stem, self en tweede kanse wat lank na die laaste noot bly eggo.
Met oorspronklike musiek deur Dewald Riegger beweeg Arina vlot tussen humor en broosheid en beklemtoon dit die emosionele skuiwe van die stuk. Sy bring ‘n deurleefde egtheid na die rol, met ‘n vertolking wat tegelyk vreesloos en fyn genuanseerd is.
“‘n Gesprek wat baie mense, veral vroue, te bang is om hardop te hê,” - Regiseur Ignasius van Heerden
”Dis rou, eerlik en menslik - nooit gepoleer vir gemak nie.” - Mederegiseur Johan van der Merwe

Additional insights

AI generated

Automatic suggestions kept separate from the organizer's official information.

“O Meno O Pouse” is ’n kabaret vol humor, hartseer en hoop, 30 jaar gelede deur P G du Plessis vir Arina de Witt geskryf. Dit volg Bets, ’n pas afgetrede vrou wat ophou wag vir liefde, toestemming en more, op ’n reis van verlies na bevryding waar menopouse ’n nuwe begin is. Met oorspronklike musiek deur Dewald Riegger. Regie deur Ignasius van Heerden, mederegie deur Johan van der Merwe.

Performing artsTheaterComedyMusic

Via quicket.co.za