Die vrouens in Langenhoven se lewe
Friday, November 6, 2026 · 7:00 PMAfriForum Teater · Pretoria
Tickets from
ZAR 200
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
Die verhaal van die vrouens in Langenhoven se lewe, is ’n verhaal van ’n huis vol liefde. Tog is dit ook die verhaal van die komplekse verhoudings, uitdagings en opofferings wat agter geslote deure skuil. Elkeen het ’n verlede, en ’n moeilike verlede skep soms ’n moeilike toekoms. Die liefde verdra alles, maar hoe ver strek ’n mens se liefde en waar vind ons die krag om alles te aanvaar en te dra. Hierdie aangrypende toneelstuk neem die gehoor op ’n reis deur die lewe van Vroutjie, Engela, Langenhoven en – in ’n mindere mate – die aantreklike Sarah. Elke karakter weerspieël iets van onsself. Die verhaal raak daarom diep aan die hart. Alhoewel Vroutjie die hoofkarakter is, verteenwoordig sy veel meer as net die stem van Langenhoven se vrou – sy word op ’n manier so ’n bietjie van ons almal. Geniet ’n glasie sjerrie vanaf 18:00 in die foyer. Kom geniet 'n kunsuitstalling in die voorportaal deur Yolandi-Mari, 'n kunstenaar van Orania. Haar versameling handel oor die vele fasette van vrouwees asook die vrou se innerlike krag en skoonheid. Tema: "Verhale van vrouwees"
Where
AfriForum TeaterGreenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park, Pretoria
See all events at this venue