Skip to content
360expPublic beta
Log in
Back to events
Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
Arts and culture

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)

Saturday, October 3, 2026 · 8:00 PMHMS Bloemhof-skoolsaal · Stellenbosch

Description

FRINGE Met Vihann van Rooyen Op die derde verdieping van die Koekmuseum sit Markus met ’n sigaret in die hand. Hy het pas sy angsmedikasie gelos en verwerk die afgelope drie jaar van sy universiteitsloopbaan met behulp van ’n brandblusser. Hierdie produksie belig temas van identiteit, verlies, liefde en aanvaarding. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die pad ontmoet het en dít wat nog van hom oor is. Vervaardiger Blusser ProduksiesRegisseur, skrywer en musiek Vihann van RooyenVerhoogbestuur Jurie Boshoff