Otto1890 Weekend Warrior Lourensford 2026
Fri, Oct 16 · 1:00 PM GMT+2
Lourensford Wine Estate · Cape Town
ZAR 700
Sunday, November 22, 2026 · 4:00 PMLourensford Wine Estate · Cape Town
Tickets from
ZAR 125
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Jak de Priester – 25 Jaar van Musiek | Lourensford Wynlandgoed
Van “Sally Williams Nougat” tot Somerset-Wes – 25 jaar van musiek, stories en onvergeetlike oomblikke!In 2001 skryf Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, die liedjie wat die begin van ’n besondere Afrikaanse musiekloopbaan sou wees. ’n Jaar later wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie en stel hy sy debuutalbum bekend.
Nou, 25 jaar later, vier Jak hierdie ongelooflike mylpaal met ’n spesiale konsert by die pragtige Lourensford Wynlandgoed – ’n middag vol van sy geliefdste liedjies, stories, nostalgie en ’n paar verrassings.
Vir die eerste keer tree Jak hier op saam met sy band, Die Kaapse Lawaaimakers – ’n groep uitmuntende musikante uit die omgewing wat Jak se musiek met ongelooflike energie en passie tot nuwe hoogtes neem.
Kom geniet ’n onvergeetlike middag van musiek, stories, lag en nostalgie saam met Jak, in die pragtige omgewing van Lourensford Wynlandgoed.
22 November 2026Lourensford Wynlandgoed, Somerset-Wes
Kosvendors en wyn sal op die terrein beskikbaar wees.Eie kos en drank word ongelukkig nie op die terrein toegelaat nie.Geen sitplekke word gereserveer nie – sitplek is op ’n eerste-kom-eerste-bedien-basis.Deure open om 15:00 en die vertoning begin om 16:00.**Neem asseblief kennis dat die venue nie rolstoelvriendelik is nie.
Kaartjies is beperk – moenie hierdie spesiale viering misloop nie! Koop jou kaartjies nou op Quicket en wees deel van Jak se 25 jaar van musiek.
’n Aand van musiek. ’n Aand van stories. ’n Aand om te onthou.
Where
Lourensford Wine EstateLourensford Rd, Somerset West, Cape Town, 7130, South Africa, Cape Town
See all events at this venueFri, Oct 16 · 1:00 PM GMT+2
Lourensford Wine Estate · Cape Town
ZAR 700
Sat, Oct 17 · 11:00 AM GMT+2
Lourensford Wine Estate · Cape Town
ZAR 295
Sun, Nov 1 · 6:00 PM GMT+2
Lourensford Wine Estate · Cape Town
ZAR 295