Back to events

Description
Klim op die storiebus en word as reisende gehoorlid weggeneem in die donkerte van die nag, opsoek na al daardie legendariese stories wat in die Jakaranda-stad afspeel. ’n Aand gevul met ware en aangrypende SPOOKSTORIES wat ril, grusame MISDAADVERHALE wat skok, gemeng met die vergete GESKIEDENIS vol nostalgie van die omgewing. Dit is ’n kultuur-historiese ervaring. Dit is die unieke pta-SPOOKBUS-uitstappie. Wees daar, anders sal jy nie verstaan nie. Maar wees gewaarsku: wanneer jy die gedreun van die bus se enjin onder jou hoor, is daar geen omdraaikans meer nie.