Tickets from
Save the event and we tell you if the date, time or venue changes.
Description
Read more
P A D N A S O E K M E K A A R · Paul Slabolepszy · SinopsisDis amper toemaaktyd in ’n kroeg êrens aan die Wes-Rand. In ’n hoekie sit Derrick de Witt, ’n 68-jarige gewese motorverkoopsman wat net iemand soek om mee te praat. Hy kry ’n gewillige oor by’n vreemdeling wat ons nooit sien nie.Derrick het al baie karre verkoop en nog meer stories vertel. Die een lei na die volgende, en nie eenloop reguit nie. Party is snaaks, party maak seer, en by party wonder jy of dit regtig so gebeur het.Hoe later dit raak, hoe meer kom daar uit wat Derrick liewer vir homself sou hou.Pad na Soekmekaar is ’n solodrama oor ’n doodgewone man wat al baie oorleef het, en oor diedinge wat ’n mens makliker vir ’n vreemdeling vertel as vir jou eie mense.Vir almal wat graag ’n storie vertel, en vir dié wat net graag luister.
Met: André OdendaalTeks: Paul SlabolepszyRegie: Paul Slabolepszy en Tobie CronjeVertaling: Ruda Landman
In ’n weggesteekte hoekie van die plaaslike kroeg êrens aan die Wes-Rand, met toemaaktyd om diedraai, sit ’n doodgewone 68-jarige ou wat na geselskap smag. Luister saam terwyl die gewesemotorverkoopsman Derrick de Witt ’n vreemdeling wat ons nooit sien nie, trakteer op stories watwye draaie loop. Wat is waar, en wat is fantasie? En watter geheime en verrassings wag nog voordatdie kroeg sluit?
RegisseursnotaVertel vir ’n vreemdeling ’n storie en die kanse is goed dat hy vir jóú een vertel. As skrywer, akteuren regisseur was ek nog altyd gefassineer deur die wonderlike stories – sommige waar, ander malen vergesog – wat ek op my baie reise oor die lengte en breedte van ons mooi land teëgekom het.In die loop van ons lewe ontmoet ons ontelbare mense wat ons begrip van menswees verryk: onsvreugdes, ons vrese, ons drome en ambisies.Die stories wat by ons aanklank vind en ons laat lag en huil, herinner ons daaraan dat ons niealleen is nie; dat die lewe ’n pad vol op- en afdraandes is, en dat wat om die volgende draai voorlê,op die regte tyd duidelik sal word.Soos die meesterstorieverteller Barney Simon eenkeer gesê het oor die mense wie se paaie onskruis: ‘There, but for the grace of God, go I.’— Paul Slabolepszy
A N D R É O D E N D A A L – A K T E U RDerrick de WittAndré Odendaal is al meer as veertig jaar akteur en regisseur. Hy isin Johannesburg gebore en het in 1983 ’n B.A. (Honneurs) in Dramaaan die Universiteit van Pretoria verwerf.Op televisie het hy onder meer Viljoen in Netflix se Ludik (2022)gespeel, asook Esterhuizen in Queen Sono (2020), Dennis in DieSpreeus (2019), Botha in Getroud met Rugby en Dawid inSwartwater. Sy rolprente sluit District 9 (2009) en DieDekonstruksie van Retta Blom (2023) in, asook die Netflix-rolprentGat in die Muur (2020), wat hy geregisseer het en waarin hy self diehoofrol vertolk het.Op die verhoog het hy in Sylvaine Strike se Dop (2016, 2020) en Ilsevan Hemert se Skuldeisers (2015) gespeel, en hy het in dieeenmanvertoning Hitler (1996) opgetree. In 2025 het hy in PaulSlabolepszy se Bitter Winter gespeel, en nou vertolk hy Derrick deWitt in Pad na Soekmekaar.Agter die kamera was hy hoofregisseur van Legacy (2020–2021). Hyhet ook seisoene van Swartwater (2017–2020) en Makoti (2022–2023) geregisseer, asook die rolprent As Jy Sing (2013).
B E L A N G R I K S T E T O E K E N N I N G SJ A A R T O E K E N N I N G2026 Naledi-toekenning vir Lewenslange Prestasie2026 Aardklop: Beste Akteur, Pad na Soekmekaar2023 Silwerskermfees: Beste Skurk in ’n Sepie, Binnelanders2023 SAFTA: Beste Aanlyninhoud, Lunch with Hitler2022 Beste Akteur in ’n Toneelstuk, Dop2021 SAFTA: Beste Akteur, Gat in die Muur2018 Naledi-benoeming: Beste Regisseur van ’n Toneelstuk2018 Southampton Film Festival-benoeming: Beste Regisseur
P A U L S L A B O L E P S Z Y – S K R YWE R E N R E G I S S E U RTeks en regiePaul Slabolepszy is in 1948 in Bolton, Engeland, gebore. Toe hy driewas, het sy gesin na Suid-Afrika verhuis, en hy het in Modderfontein,Witbank en Musina grootgeword. Hy het drama aan die Universiteitvan Kaapstad studeer.In 1972 was hy saam met onder andere Athol Fugard, John Kani enYvonne Bryceland een van die stigterslede van The Space inKaapstad, en in 1976 saam met Mannie Manim en Barney Simon vandie Markteater-geselskap in Johannesburg.Hy het meer as dertig toneelstukke geskryf en word naas AtholFugard gereken as een van Suid-Afrika se voorste Engelstaligedramaturge. Onder sy bekendste stukke is Saturday Night at thePalace (1982), wat later in Londen se Old Vic gespeel het,Smallholding (1989), Mooi Street Moves (1992), The Return of Elvisdu Pisanie (1992) en Heel Against the Head (1995). Baie van systukke speel op of om die sportveld af.Vir die skerm het hy onder meer aan Kwagga Strikes Back (1990)en Mama Jack (2005) meegeskryf, en hy het die reeks KonsternasieOppie Stasie (2009) geskep. As akteur het hy in meer as honderdverhoog- en televisiestukke en vyftien rolprente gespeel, dikwels insy eie stukke.Pad na Soekmekaar is sy eerste toneelstuk in Afrikaans.
B E L A N G R I K S T E T O E K E N N I N G SJ A A R T O E K E N N I N G2017 Naledi: Beste Nuwe Suid-Afrikaanse Teks, Suddenly the Storm1993 Vita, Fleur du Cap en DALRO: Beste Akteur én Beste Toneelstuk, The Return of Elvisdu Pisanie1992 Glasgow MayFest, Paper Boat-toekenning: Beste Toneelstuk, Mooi Street Moves1989 Vita: Beste Toneelstuk, Smallholding1987 AFI Fest (Los Angeles): Meriete-toekenning vir die draaiboek van Saturday Night atthe Palace1983 Standard Bank Jong Kunstenaar-toekenning1976 DALRO: Beste Akteur, Fortune and Men’s Eyes
T O B I E C R O N J E – M E D E R E G I S S E U RRegie saam met Paul SlabolepszyTobie Cronje is in 1948 in Germiston gebore en is een van Suid-Afrika se mees geliefde akteurs. Hy het aan die Universiteit vanPretoria drama studeer onder mentors soos prof. Anna Neethling-Pohl, Neels Hansen en Hannes Horne.In 1972 het hy by TRUK aangesluit, waar sy eerste professionele roldié van die pianis in The Fantasticks was. Sedertdien het hy in meeras honderd verhoogproduksies opgetree, en hy word beskou as eenvan die voorste Afrikaanse komiese akteurs van sy tyd. Sy lang,uitdrukkingsvolle lyf en buigsame stem het hom ’n gunsteling bygehore gemaak. Hy is tweetalig en ’n begaafde musikant. Vanaf die1980’s het hy gereeld in Pieter Toerien se kommersiële produksiessoos Pajama Tops en Lend Me a Tenor gespeel, en vir baie jare washy die Dame of die skurk in Janice Honeyman se pantomimes.Op die skerm is hy bekend vir rolle soos konstabel Tobie Treurnichtin Die Sersant en die Tiger Moth (1973), die titelrol in Willem(1976), Kootjie in Kootjie Emmer (1977) en Andries Bester in Onderdraai die duiwel rond (1997). In 1994 het hy saam met RobinWilliams in Being Human gespeel. Hy het die titelrol in dieverhoogweergawe van Die Rebellie van Lafras Verwey vertolk, en in2017 het hy Lafras weer in die rolprentweergawe gespeel.Vir Pad na Soekmekaar het hy die regie by Paul Slabolepszyoorgeneem en André Odendaal tot by die première op Aardklopbegelei.
B E L A N G R I K S T E T O E K E N N I N G SJ A A R T O E K E N N I N G2026 SA Akademieprys vir Drama, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns2018 Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae by die KKNK2018 Kanseliersmedalje van die Universiteit van Pretoria